Ons is mal oor die haarstyle wat onlangs te sien was in die vertonings van die modeontwerpers Marc Jacobs en Ralph Lauren by die New Yorkse Modeweek

Die Redken-stilis Guido, wat dit geskep het, verduidelik stap vir stap hoe jy dié style kan kry.

Marc Jacobs serp-chignon

1. Borsel jou hare rofweg agtertoe.

2. Draai ’n lap-kopband om jou kop en maak dit agter in jou nek vas.

3. Maak jou hare in ’n los poniestert vas met die rekkie sowat 10 cm van die punte af.

4. Draai die poniestert sodat dit in ’n deurmekaar chignon op jou kop is, en steek dit met haarknippies vas.

5. Gebruik ’n ligte haarsproei om die styl in plek te hou. 

Ralph Lauren Argentynse bolla

1. Blaas jou hare reguit droog.

2. Kam ’n netjiese middelpaadjie.

3. Maak ’n stywe poniestert in die holte van jou nek agter.

4. Draai jou hare tot dit vanself in ’n bolla gaan, en steek dit met knippies vas.