Louise Carver se musiekvideo vir haar liedjie You Think You Got it Easy is gister bekend gestel. Haar grimering in dié video – wat in Johannesburg en die Blyderivierspoort in Mpumalanga geskiet is   beklemtoon haar natuurlike skoonheid.

Malusi Malanga, grimeerkunstenaar van Yves Saint Laurent, doen gewoonlik Louise se grimering vir haar optredes en wanneer sy in die openbaar verskyn. In dié video het hy Louise vier verskillende grimeervoorkomste gegee. Ons wys jou hoe om twee hiervan sommer by die huis te doen!

Hier is die splinternuwe video!

In een toneel het die sangeres ’n 60’s-geïnspireerde voorkoms. In die agter-die-skerms-video verduidelik Malusi dat die voorkoms herinner aan die model Twiggy.

FOTO: www.youtube.com FOTO: www.youtube.com

Malusi se wenke vir ’n Twiggy-voorkoms:

  • Groot oë en welige wimpers!
  • Sit helder kleur op jou ooglede.
  • Jou gelaat moet vlekloos en skoon lyk – dra min verbronser en blosser!
  • Rond die voorkoms af met ’n neutrale lipglans of lipstiffie.

Die tweede voorkoms is meer natuurlik. Malusi beskryf dit as vars en modern. Volg dié wenke vir die voorkoms:

  • Kleur jou wange met ’n ligte skakering blosser in en tik ’n soortgelyke, natuurlike skakering op jou lippe.
  • Louise dra ligpienk lipglans in die video.
  • Hou jou oë lig en vars met oogskadu in skakerings van bruin.
  • Rond die voorkoms af met  ’n oogomlyner in ’n houtskool-skakering en ’n laag maskara.

    FOTO: www.youtube.com FOTO: www.youtube.com

Kyk hier na die agter-die-skerms-video van You Think You Got it Easy.