Groentee elke dag
Jacinda Louw MODEL
“Ek gebruik RégimA Instant Lift (R550, beskikbaar by salonne). Ek wend dit aan onder my vogroom
voor ek uitgaan en dit gee my vel ’n mooi glans.”
Jacinda glo ook in groentee om haar jonk te hou. “Ek drink elke dag twee liter water met ’n sakkie groentee daarin. Groentee het mos baie voordele – dit help onder meer om vet af te breek en jou bloeddruk laag te hou. So, al kry ek niks anders deur die dag reg nie, het ek minstens my groentee gedrink!”

Gee jou oë lig
Christi Panagio MODEL EN AKTRISE
“Ek gebruik elke oggend M.A.C Strobe Liquid (R275). Tik dit aan onder jou oë en jy lyk dadelik jonger.
Dit bevog en sorg dat fyn lyntjies en donker kringe nie sigbaar is nie.” Christi glo ook in ’n masker van
hawermout en heuning, wat sy self maak om haar gesig ekstra vog te gee en die wysers te laat stilstaan.
Volgens haar is ’n goeie reiniger soos Dermalogica Special Cleansing Gel (R350) ook onmisbaar.
“Ek dra só baie grimering op fotosessies, daarom is ’n goeie reiniger ’n moet. Dit berei jou vel voor sodat
jou vogroom sy werk kan doen.”

Warmte vir jou gesig
Anri van der Linde MODEL
“’n Gekleurde vogroom soos Bobbi Brown Tinted Moisturizer (R345, eksklusief by Edgars) helder dadelik
my gesig op. Ek gebruik ook ’n verbronser pleks van ’n blosser, want dit voel meer natuurlik. Ek tik dit aan
op my neus, voorkop en wange – oral waar die son se lig natuurlik sal val. Ek’s ook mal oor La Mer se
oogroom (R1 650), wat ek onlangs by ’n vriendin present gekry het.” Anri glo in ’n holistiese benadering en sê sy kan nie op haar beste lyk sonder water, slaap en sonbeskerming nie.“En natuurlik is selfvertroue een van die belangrikste dinge wat jou vinnig mooier laat lyk. As jy net begin om positief te dink lyk jy al klaar beter!

Wimpers met woema
Minki Visser (van der Westhuizen)
model en tv-aanbieder
“Wanneer ek nie lus is om te grimeer nie gebruik ek net Estée Lauder se TurboLash Mascara (R365). Dit
maak my wimpers só lank dit raak byna aan my wenkbroue! “Verder glo ek ook in M.A.C Strobe Cream (R275). Elke grimeerkunstenaar saam met wie ek werk, gebruik dit. Ek drink ook baie water en vitamien C en omega 3- aanvullings om my vel jonk te hou.”

Beveg lyntjies met vog
CeCile Henning model
“Ek het onlangs ’n produk ontdek van Willa Krause (’n Suid- Afrikaanse produk), wat die Photon (R1 150) genoem word. Dis ’n klein handtoestel wat met ligterapie en ultraklank werk. Dit word saam met ’n proteïenmasker en kollageen-serum gebruik en laat jou dadelik jonger lyk!
“Dermalogica se Intensive Moisture Mask (R535 vir 75 ml) werk ook baie goed om fyn lyntjies
en droogheid te verminder.”

n Tikkie lipglans
Kerry McGreGor model
Kerry glo min maar die regte grimering doen wondere vir jou voorkoms. “Ek is mal oor lipglans en gebruik
tans Dior Addict Lip Polish in Glow Expert (R370, eksklusief by Edgars). Verder gebruik ek ’n verbronser vir my gesig. Dit gee jou wangbene dadelik ’n lift en is baie verjongend. “’n Tikkie maskara kan net soveel vir jou voorkoms doen – ek gebruik Max Factor Lift Mascara (R95). Dit het ’n plastiekborseltjie waaroor ek mal is.”

Hernu jou vel
Corine du ToiT model en aktrise
“Wanneer my vel moeg voel, gebruik ek Clarins Beauty Flash Balm (R365) om dit nuwe lewe te gee.
Clarins se Eye Revive Beauty Flash (R365) laat weer dadelik my oë varser voel en sit die sprankel terug.”
Corine drink ook baie water en sy glo in vitamienaanvullings om haar vel mooi te hou.
“Ek besoek ’n homeopaat wat my bloed ontleed om vas te stel of ek enige vitamientekorte
het,” sê sy.

Bevog altyd
Roxy Louw model
“’n Produk waarsonder ek nie kan leef nie is my vogroom: Elizabeth Arden Visible Difference Refining Moisture Cream Complex (R240). Veral omdat ek so baie in die water is (sy is ’n branderplankryer),
gee dit my vel die elastisiteit terug wat die seewater daaruit haal. Ek gebruik ook ’n waterbestande
maskara, Elizabeth Arden Ceramide Lash Extending Mascara (R145).” Roxy sê dat sy haarself gesond
hou deur goeie kos te eet en nie te rook nie. “Ek het nog nooit eens probeer nie!”

Agter ’n masker
Tammy-anne ForTuin model en TV-aanbieder
“My gunsteling is Nimue Exfoliating Enzyme (R332). Hierdie gesigwas verwyder dooie velletjies sodat jou jong, nuwe vel sigbaar word. “Ek gebruik ook Nimue Rejuvenating Mask (R392) om my vel te voed. Wanneer ek hierdie masker afhaal, voel my vel soos ’n baba s’n!” Tammy sê haar vel is baie sensitief en dis min dat sy iets kry wat vir haar vel werk, daarom hou sy streng hierby.

Hou dit aards
Nerina Labuschagne model
“Te veel grimering kan jou maklik ouer laat lyk, daarom hou ek by aardse, natuurlike kleure. Hierdie kleure is veral goed vir jou oë – dit gee jou ’n jong, gloeiende voorkoms. Ek gebruik ook elke dag La Prairie se
Light Fantastic Cellular Concealing Brightening Eye Treatment (R550). Dit weerkaats die lig en verhelder jou oë.” Volgens Nerina skeep vroue te maklik hul nek en hals af. “Hierdie dele kan jou maklik oud voor jou tyd laat lyk, so bevog gereeld,” is haar raad.

Nog raad van kenners
* LISA DRAKE GRIMEERKUNSTENAAR BY REVLON
As jy ouer as 25 is, is ’n kohl-oogomlyner jou beste vriend. Probeer Revlon Matte Collection Luxurious Color kohl Eyeliner in Black Truffle, R105. Trek die lyn teenaan jou wimpers en smeer dit met die ingeboude borseltjie (of ’n oorpluisie). Harde lyne laat jou ouer lyk.
* Gebruik ’n meer natuurlike kleur soos jy ouer word en omlyn jou lippe eers sodat jou lipkleur nie bloei nie. Probeer Revlon Matte Collection Lipstick in Nude Attitude, R94,95.


* ALIKI PRICE NASIONALE GRIMEERKUNSTENAAR VAN ESTEE LAUDER
Jou liplyn word mettertyd minder sigbaar, daarom is dit nodig om dit met ’n lippotlood te definieer. omlyn jou lippe in die kleur naaste aan jou natuurlike lipkleur (probeer Estée Lauder stayin- Place Lip Pencil in Tawny, R195) en eindig met ’n lipstiffie in dieselfde kleur.
* Voller lippe is verjongend, veral as een dunner is as die ander. gebruik Estée Lauder High gloss in Prune (R195) in die middel van jou dunste lip – die glans sal die illusie van volume skep.