Die nuutste modes vir haarstyle is vroulik en funky. Een van die gunstelinge is die gestrikte bolla. Ons wys jou vandeesweek in drie stappe hoe om hierdie voorkoms te kry.

Stap 1

Maak ’n poniestert op die hoogte wat jy jou strik wil hê. Onthou, dis hoogmode om al jou hare bo-op jou kop te dra, so hoe hoër die poniestert, hoe beter pas jou voorkoms by die nuutste tendense.

Wanneer jy die poniestert met ’n rekkie vasmaak, moet jy nie al jou hare met die laaste draai van die rekkie deurtrek nie. Daar moet ’n “stertjie” aan die bokant van jou poniestert uithang.

FOTO: Liesl du Toit

Stap 2

Deel jou hare nou in twee om die strik se twee “oortjies” te vorm. Jy kan haarknippies gebruik om die “oortjies” in plek te hou.

Maak die perfekte bolla - stap vir stap

FOTO: Liesl du Toit FOTO: Liesl du Toit

Stap 3

Vou die “stertjie” wat aan die bokant van jou hare uitsteek na onder oor die oortjies. Steek dit weer vas met haarknippies. Hierdie gedeelte moet lyk soos ’n band wat deur die middel van jou strikkie gaan. Spuit 'n bietjie haarsproei sodat die strik se vorm langer hou.

Nog wenke

  • Hoe langer jou hare is, hoe makliker is dit om dié vookoms te kry.
  • Jy gaan dit nie sommer met die eerste probeerslag regkry nie – dit verg baie oefening!
  • Begroot genoeg tyd om dit perfek te doen.
  • Vir ’n sagter voorkoms kan jy net ’n gedeelte van jou hare gebruik om ’n klein strikkie te maak wat oor die res van jou hare lê.

Gaan kyk op SARIE se Pinterest vir nog idees!

FOTO: Pinterest FOTO: Pinterest