Marilyn is die gesig van die haarsorgreeks Sexy Hair se jongste veldtog, met foto’s en aanhalings van haar en die slagspreukStyles change. Sexy is forever.

Marilyn MonroeWatter dieet het Marilyn Monroe gevolg? Lees hier vir ’n paar verrassings.

Die veldtog skop op 22 Augustus af en advertensies sal aanlyn, in oorsese tydskrifte soos Allure en Instyle en op advertensieborde verskyn.

Het jy al die rolprent My Week with Marilyn gesien?

Marilyn MonroeDis nie die enigste of eerste keer dat dié Hollywood-ster ná haar dood in 1926 in ’n advertensieveldtog verskyn nie. Die Amerikaanse klerewinkel Macy’s het vroeër vanjaar hul Marilyn Monroe-klerereeks bekend gestel.

Audrey Hepburn was onlangs in ’n sjokolade-advertensie te sien! Kyk dit hier.

Sy was ook in ’n kortfliek van Dior J’Adore saam met Grace Kelly, Marlene Dietrich, Jerry Hall en ons eie Charlize Theron.

Kyk dié kortfliek hier!

Dan het die Will-Rich-handelsmerk ook bekend gemaak dat hy in September ’n Marilyn Monroe-skoenreeks begin verkoop.

Al gedink watter oorlede bekende jý graag in ’n advertensie sal wil sien?