Die skoonheidshuis Maybelline gee vanjaar vir die eerste keer 'n kalender uit - en met modelle soos Adriana Lima (ook 'n Victoria’s Secret-model) en Jessica White beloof dit om groot opwinding uit te lok.

Met hierdie kalender wil Maybelline New York se helder kleure vasvang: Glansende geel taxi’s afgerond met pikswart, die ysige groen van die Statue of Liberty teen helder blou lug en die waterige rooi skynsel van 'n verkeerslig wat weerkaats in 'n poel water. Elke maand word 'n ander kleur gevier wat geïnspireer is deur dié skoonheidshuis se helder grimeerpalette.

Dié eksklusiewe kalender sal egter nie op enigeen se lessenaar pryk nie – daar is net 1 200 eksemplare gedruk!