1. L’Oréal Professional Tecni Art Volume Lift Root lifting Mousse (R250): My hare het die hele dag volume wanneer ek dié produk gebruik. Dit lig jou hare by die wortels en sorg dat dit ’n natuurlike wip het.

2. Willa Krause Retexturizing Face Primer SPF 20 (R221): Dié produk het ’n olievrye basis wat goed meng met enige onderlaag. Dit laat my grimering lank hou en gee my vel ’n vlekkelose afwerking. Dis ook trots Suid-Afrikaans! Skakel 012 544 1423/25

3. St. Tropez-reeks (vanaf R260 tot R690): Ek kies om die son te vermy en met dié produkte kan ek heeljaar ’n goue sonbruin vel hê. Dit verbeter my veltoon en lyk heeltemal natuurlik. ’n Sonbruin vel is mooi, maar ’n gesonde vel is nog beter. Nou het ek albei. Besoek www.st-tropezsa.co.za