Vir die wêreldbekende ontwerper Michael Kors was die New Yorkse Modeweek in September meer spesiaal as gewoonlik. Dis by dié geleentheid dat Michael Kors Beauty, sy eerste reeks skoonheidsprodukte, bekend gestel én in sy modevertonings gebruik is!

Boonop is elke grimeervoorkoms spesiaal geskep om elk van sy drie nuwe parfuums ook te komplementeer – nóg ’n skoonheidseerste vir die ontwerper.

Kyk hier na foto's agter die skerms van die advertensieveldtog vir dié produkte.

FOTO: verskaf FOTO: verskaf

“Die skoonheidsvoorkoms vir die lente van 2014 gaan daaroor dat jy dit wat die natuur jou gegee het, moet beklemtoon,” sê Michael. Hy verduidelik dat jy dié voorkoms, wat sy modelle by die mees onlangse New Yorkse Modeweek gedra het, kan kry met ’n goue glans, ’n tikkie ligpers op jou lippe, hare wat sagkens opgesteek is en ’n natuurlike skakering van pienk op jou naels.

Hier is 'n skets van hoe sy modelle op die loopplank gelyk het (links onder).

Die drie nuwe parfuums (regs bo) is onderskeidelik Sporty Citrus, Sexy Amber en Glam Jasmine – een vir elke bui!

FOTO: verskaf FOTO: verskaf

Michael Kors Beauty bestaan uit lipglans, naellak, verbronser, lipstiffie, grimeerborsels én lyfprodukte en sal vanaf Desember in Suid-Afrika beskikbaar wees. Hou SARIE.com dop vir meer oor dié ikoniese ontwerper se eie grimeerreeks.