Die drie versamelings in die nuwe reeks, The Sporty Sexy Glam Fragrance Collection, verteenwoordig elkeen ’n persoonlikheidstipe – sexy, sporty en glam.

Watter geur pas die beste by jou?  FOTO: verskaf Watter geur pas die beste by jou?
FOTO: verskaf

Vir Michael Kors is waaghalsige rooi lippe en vroue met ’n speelse geaardheid die definisie van Sexy. Daarom bestaan dié reeks uit helderrooi tot dieppienk skakerings lipstiffie, lipglans en naellak, met ’n dieprooi blosser. Die geur Sexy Amber bevat vars note soos lemoen, mandaryn, wit blomme, muskus en sandelhout.

Die Sexy-grimeervoorkoms.  FOTO: verskaf Die Sexy-grimeervoorkoms.
FOTO: verskaf

Agter die skerms van Michael Kors se advertensies

Die Sporty-vrou se skoonheid is moeiteloos en natuurlik. Met lemoen en nartjie in die boonste note, wit blomme in die hart en houtnote in die basis is dié geur perfek vir die vrou met ’n aktiewe leefstyl. Die lipglans, lipstiffie en naellak in dié versameling is beskikbaar in natuurlike, neutrale skakerings saam met ’n natuurlike verbronser.

Die Sporty-voorkoms. FOTO: verskaf Die Sporty-voorkoms.
FOTO: verskaf

Kies die regte rooi lipstiffie

Michael Kors sê die Glam-versameling is vir die vrou wat daarvan hou om die koppe te laat draai. Die reeks bestaan uit dieppers skakerings vir die lipstiffie, lipglans en naellak, wat glansryk lyk saam met ’n verbronser in ’n koper skakering. Glam Jasmine is ’n blomgeur propvol jasmyn met warm hout- en sitrusnote op die agtergrond.

Die Glam-voorkoms. FOTO: verskaf Die Glam-voorkoms.
FOTO: verskaf

Kies die perfekte parfuum só

Watter versameling in die Sporty Sexy Glam Fragrance Collection van Michael Kors pas die beste by jou?

Diva Lip Lacquer (links) vir die Sporty-voorkoms en Bombshell Lip Lacquer vir die Sexy-voorkoms. In die agtergrond is die Glam-voorkoms se Dame Lip Lacquer. FOTO: verskaf Diva Lip Lacquer (links) vir die Sporty-voorkoms en Bombshell Lip Lacquer vir die Sexy-voorkoms. Op die agtergrond is die Glam-voorkoms se Dame Lip Lacquer.
FOTO: verskaf

Pryse van R215 tot R1 130.