¦ Minerale soos silika en mika reflekteer die lig om jou vel 'n natuurlike, helder voorkoms te gee. ¦ Mineraalpigmente is relatief groot en sal daarom nie jou porieë verstop nie. Dit gaan lê ook nie in lyntjies nie en dis maklik om 'n ligte tot 'n swaar bedekking met hierdie poeiers te verkry. ¦ Dit droog nie jou vel uit nie en is gemaklik om te dra. ¦ Mineraalpigmente sorg vir 'n spektrum van natuurlike skakerings. ¦ Ander minerale wat gebruik word, is: titaniumdioksied, wat natuurlike sonbeskerming bied; seewater-minerale, wat ryk is aan kalsium en magnesium en jou vel se natuurlike balans versterk; squalane, wat vog gee; en magnesium-miristaat, wat sorg vir 'n sagte tekstuur. Wenk:
Gebruik 'n verbronser om definisie aan jou wangbene te gee, soos The Body Shop Nature’s Minerals Bronzer (R150).