"Ek het die naam gekies omdat couture die hart en siel van mode is," sê dié sangeres wat ook bewonder word vir haar eie unieke styl. Haar nuwe blomme-en-muskus-geur (R270 vir 30 ml EDT) spog met interessante note soos kersie, suurlemoen, ilang-ilang en jasmyn. "Soos meeste vroue is ek passievol oor mode en styl, of dit nou rooitapyt-glans is of elke-dag-sjiek," sê sy.