Die modehuis Jimmy Choo, bekend vir sy skoene, se eerste parfuum vir mans is binnekort in SA beskikbaar en die gesig vir dié parfuum is niemand anders nie as die smeulende Kit Harington, wat Jon Snow in die gewilde TV-reeks Game of Thrones speel.

Wat gebruik die mans in jou lewe? Dalk al vir jare dieselfde, dalk elke maand 'n ander een?

“Kit is die perfekte Jimmy Choo-man. Hy het ’n natuurlike en verleidelike manlikheid en ’n gemaklike styl,” het Sandra Choi, Jimmy Choo se kreatiewe direkteur, oor Kit gesê.

Kit Harington in Jimmy Choo se nuutste advertensieveldtog Kit Harington in Jimmy Choo se nuutste advertensieveldtog

Kyk hiér 'n video-advertensie waarin Kit Harington vir Jimmy Choo verskyn

Jimmy Choo MAN (R995 vir 100 ml EDT) is ’n moderne en vars geur en bevat note soos laventel, pynappel-blaar, patsjoelie en suède. Die parfuumbottel is geïnspireer deur ’n antieke heupfles en spog met ’n eenvoudige glas-en-metaalontwerp en leerafwerking op die doppie.

Introducing Jimmy Choo MAN, the inaugural fragrance for men from #JimmyChoo

A photo posted by Jimmy Choo (@jimmychooltd) on

Die Britse akteur is ook die gesig van Jimmy Choo se Herfs/Winter-modereeks en is die eerste bekende manlike ster om in dié bekende skoenontwerper se advertensieveldtogte te pronk.

Jimmy Choo MAN sal vanaf Januarie 2015 beskikbaar wees.

Kendall Jenner is die splinternuwe gesig van bekende skoonheidshuis - lees meer!

3 vrae aan Kit Harington

1. Waaraan herinner Jimmy Choo MAN jou en hoe laat dit jou voel?

Toe ek die eerste keer die Jimmy Choo-geur probeer het, het dit herinneringe van vreemde aande uit in Londen en gemaklike aande by die huis opgeroep. Dit het ’n bietjie van alles – intense note, maar ook ligter kalmerende note.

2. Hoe sal jy jou persoonlike modestyl beskryf?

Ek hou van eenvoudige klere in neutrale skakerings wat goed pas.

3. Van watter gentleman se modestyl hou jy die meeste?

Ek kyk baie op na Leonardo DiCaprio, Jimmy Stuart en Frank Sinatra. Hulle is almal buitengewoon geklee.

Ikoniese parfuum vier 25 jaar - lees meer hiér!