Of dit nou in jou motor, handsak of lessenaarlaai is - die meeste van ons het altyd ’n sakkie vol staatmaker-skoonheidsprodukte naby. Ons het gaan kyk wat die SARIE-span in Johannesburg in hul laaie hou en deel dan die moet-hê-produkte wat ons dink elke vrou in haar laai by die werk behoort te hê.

FOTO's: Bekendes eet wegneemetes in hul aandrokke

In Charis van den Heever, SARIE-skoonheidsredakteur, se laai ...

Ek moet dikwels geleenthede ná werk bywoon en het nie altyd tyd om eers huis toe te gaan om my grimering en hare op te knap nie. Dit is hoekom ek ’n paar strategiese produkte in my laai by die kantoor hou. Binne tien minute is ek reg vir ’n aand uit!

charis laai skoonheid* Ek spuit ’n bietjie droë sjampoe op my haarwortels en kam dit deur die res van my hare om vinnig volume te skep.

* Ek maak altyd seker daar is ’n bekostigbare onderlaag in my laai om aan my vel te tik daar waar ek dit nodig het.

* Ek gebruik oogskadu-potlode om my ooggrimering op te knap. Ek skakeer die roomformule sommer met my vingers in.

* Al wat dan kort, is een of twee spuite parfuum.

In Phyllis Green, fotograaf en boekeredakteur, se laai ...

phyllis laai skoonheid* My lewensredders is ’n swart oogpotlood en maskara, want daarmee kan ek vinnig ’n dramatiese voorkoms skep.

* My bevogtigende lipstiffie in ’n nude skakering werk hard, want ek gebruik dit op my lippe én as blosser op my wange.

* Poeier rond my voorkoms af.

* Ek hou ook altyd ’n klein botteltjie parfuum in my laai. As ek lekker ruik, voel ek sommer mooi!

In Monica Pienaar, SARIE-skoonheidsassistent, se laai ...

Ek versamel graag toetsgrootte produkte om in my laai by die werk te hou. Jy weet nooit wanneer ’n werksgeleentheid of aand uit onverwags opduik nie.

monica laai skoonheid* My lippe is geneig om baie maklik uit te droog weens die lugversorging in die kantoor. Ek het altyd ’n lipsalf in my laai wat ek gereeld deur die dag aanwend.

* As ek onverwags na ’n geleentheid ná werk moet gaan, gryp ek altyd na maskara en ’n helderkleurige lipstiffie of lipglans. Dit kikker jou voorkoms in ’n kits op.

* In die winter wend ek gereeld deur die dag ’n handeroom met ’n SBF aan. Dit bevog én beskerm my hande teen sonskade.

* ’n Toetsgrootte parfuum is perfek om deur die dag jou geur op te knap.

Skoonheidstruuk: Só weet jy waar om kontoerlyne te skep

Hiér is ons keuse van moet-hê-produkte om in jou laai by die werk te hou

Wat is altyd in jóú lessenaarlaai? Neem ’n foto en deel dit met ons op Instagram saam met die hutsmerk #SARIEskoonheid

Of vertel ons op ons Facebook- of Twitter-blaaie!

Kate Middleton gaan redakteur-redakteur speel