"Namate jy ouer word, vervaardig jou liggaam minder kollageen en die borsligamente rek uit."

Nou is daar 'n nuwe spa-behandeling, spesiaal ontwerp om jou borste nuwe lewe te gee: Mama Mio's Bootcamp for Boobs (R650 vir 1 uur). Die terapeut gebruik spesifieke bewegings en produkte wat die bors- en driekopspiere (triceps) versterk, asook refleksologie wat op die borste se reflekse fokus.

Dié behandeling is beskikbaar in Johannesburg en Kaapstad by ONEwellness-spa's. 'n Kursus van 6 behandelings word aanbeveel.

Besoek www.onewellness.co.za vir meer besonderhede.