Diep kersie-lippe is nou oral op loopplanke te sien

“Die nuutste begeerlike grimeerstyl is die dramatiese glam-voorkoms. Mense rebelleer teen ons ekonomiese situasie en vind aanklank by treffende, sterk grimering geïnspireer deur die 80’s.”
- grimeerkunstenaar Liz van der Merwe

Die nuwe donker lip is glansryk en gesofistikeerd. Dink aan die grimering van die burleske danseres Dita von Teese. Haar voorkoms het juis ’n M.A.C-grimeerreeks geïnspireer!

Dior HYPNOTIC POISON ELIXIR.

Die klassieke Dior-parfuum Poison is nou ook te kry in 3 nuwer weergawes: Midnight, Hypnotic en Pure Poison. Dior HYPNOTIC POISON ELIXIR (R745 vir 30 ml EDP) se onweerstaanbare geur is ideaal vir jul Valentynsdagviering . . .

Revlon COLORSTAY OVERTIME LIPCOLOR.

Lipglans wat net so hard werk soos jy: Revlon COLORSTAY OVERTIME LIPCOLOR in Constantly Coral (R110) gee 12 ure lank kleur en glans.

HOE KRY EK DIE VOORKOMS?

  • Pikswart is moeilik om te dra - soek liewer ’n donker, diep kersie- of bessiekleurlipstiffie.
  • Wange kry minder aandag, maar blosser is wel belangrik om wangbene definisie te gee.
  • Jou oë word omlyn om dié voorkoms glansryk af te rond.
 

Rond jou voorkoms sensueel af met Bloom LIP GLOSS IN RASPBERRY (R130), gegeur met mandaryn en vanielje. (sien galery)

Swart naels is ook hoogmode. Eksperimenteer met swart naellak wat ’n blou of pers skynsel het, of kies Dior VERNIS IN BLACK BLACK SEQUINS (R255), ’n pikswart naellak met silwer stukkies. (sien galery)

Die skoonheidshuis Lancôme is een van die eerstes om die swartlipneiging te vier met hul COLOR FEVER GLOSS in PIHA BLACK (tans eksklusief in New York vrygestel). Dra swart lipglans bo-oor jou rooi lipstiffie of net so vir ’n smeulende voorkoms. (sien galery)

Skep verleidelike wimpers met M.A.C DAZZLE LASH IN BLACK (R145). (sien galery)