Nadia Nagel (26) van Proteahoogte in die Wes-Kaap het dié mooimaaksessie vir haarself as geskenk op haar verjaardag gegee, want "almal verdien om een dag in hul lewe soos ’n prinses te lyk", sê sy.

Die skoonheidspan gee ook 4 wenke vir jou klerekas dié somer.

Nadia se voor- en ná-foto

FOTO: Veronique Mills FOTO: Veronique Mills

Wat sê Nadia?

Beskryf jou klerestyl en wat jy intussen wysgeraak het ...

Baie casual. Jy hoef nie noodwendig soos ’n poppie aan te trek om vroulik en netjies te lyk nie. Daar is baie meer dinge, soos hare en grimering, wat ’n verskil aan jou voorkoms kan maak.

Hoe het jy verwag gaan jy lyk?

Ek het beslis nie só ’n groot verskil verwag nie - [die Glamour Makeover-span] weet hoe om die beste na vore te bring!

Hoe maklik is dit om dié nuwe styl vol te hou?

Ek sal sê taamlik maklik omdat Leverne (die grimeerkunstenaar) baie goeie wenke gehad het. Dit gaan alles net oor daai ekstra 10 minute soggens.

FOTO: Veronique Mills FOTO: Veronique Mills

Wat sê die mooimaakspan?

Leverne Botha – grimeerkunstenaar

Nadia het die mooiste oogkleur! Ek het vir haar ’n sagte rokerige oogskadu gedoen met vals wimpers om haar oogvorm verder te beklemtoon. Nadia se wenkbroue is van nature baie lig. Ek het hulle met ’n donkerbruin oogskadu ingevul en dit het haar oë pragtig geraam!

Om haar voorkoms af te rond het ek vir haar sagte krulle in haar lang donker hare gesit. Sy het beeldskoon gelyk!

Elaine, stilis

Nadia het ongelooflik gelyk in die uitrustings wat ek vir haar gekies het. Ons het besluit om met turkoois en pienk te speel en dit het haar perfek gepas. Somer is op pad en daarom het ons besluit op ’n vrolik gestreepte rokkie en groot goue oorbelle en belt om daarby te pas.

Die turkoois oorvourok was ’n wenner en het haar figuur soos ’n handskoen gepas. Ek het ook besluit op ’n pienk leerbaadjie oor ’n chiffon-toppie, want dis perfek vir lentedae met ’n koeligheid in die lug. Die pienk baadjie is iets anders en kan oor ’n rok of top met jeans gedra word.

Veronique Mills – fotograaf

Nadia het werklik soos ’n supermodel gelyk. Omdat sy haar hare gewoonlik vasmaak en ook nie baie grimering dra nie, was dit ’n groot transformasie! Sy was gemaklik voor die kamera en het ’n smeulende voorkoms in die foto's, wat haar pragtig laat lyk.

Wat hierdie mooimaaksessie spesiaal maak

Nadia dra gewoonlik haar dik hare vas en reguit met min grimering.

Die transformasie was asemrowend en haar hare het pragtig gelyk met die los krulle en die grimering was donker, dog natuurlik!

FOTO: Veronique Mills FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills FOTO: Veronique Mills

4 wenke vir jou somerkas

  1. Koop ’n baadjie in ’n uitspattige kleur vir die somer. Dit kan by jeans of oor ’n rok met balletstyl skoene (pumps) gedra word vir ’n speelse voorkoms, of in die aand met ’n mooi broek vir ’n meer elegante voorkoms.

  2. Elke vrou moet ’n oorvourok (wrap dress) in haar kas hê - veral vir die somer!  Dié rok pas by alle figure omdat dit op verskillende maniere gedra kan word. Omdat dit so veelsydig is, gee dit vir jou elke keer ’n ander voorkoms. Swart is altyd ’n wenner en kan opgedollie word met mooi bykomstighede. As jy lus is vir iets anders, koop ’n oorvourok in ’n helder kleur en dra dit met ’n kort truitjie of net so.

’n Vrolike somerrok is ’n móét! Probeer die volgende vir jou somerkopie:

  • Probeer donker kleure om ’n groter bolyf te verbloem; halternekrokke werk ook goed.

  • Vir ’n klein bolyf kan jy strepe of patrone gebruik of valle aan die bokant van die rok om jou klein bolyf groter te laat vertoon.

Klere van Slate, Willowbridge

BESPREEK VIR JOU ’N MOOIMAAKSESSIE

Om jou mooimaaksessie by Veronique en haar span te bespreek, besoek hul webtuiste by www.glamourmakeovers.co.za of kontak hulle direk by 079 737 7397 / info@glamourmakeovers.co.za

FOTO: Veronique Mills

PRETORIA!

Die span kom binnekort Pretoria toe om daar ook mooimaaksessies te doen. Bespreek jou plek nou by info@glamourmakeovers.co.za