Naomi Combrink (30) van Proteahoogte in die Wes-Kaap bestuur haar eie onderneming. Haar familie en vriende het vir haar dié mooimaaksessie as ’n geskenk vir haar 30ste verjaarsdag gegee.

Naomi se voor- en ná-foto

FOTO: Veronique Mills FOTO: Veronique Mills

Wat sê Naomi?

Was jy verras om jouself in die spieël te sien?

Ek was BAIE verras! Ek het nie ’n idee gehad wat om te verwag nie. Ek was wel bang my persoonlikheid (ek is glad nie ’n poppie nie) gaan nie weerspieël word nie. Ek was verras dat hulle my so goed opgesom het.

Hoe maklik is dit om dié nuwe styl vol te hou?

Ek sal my dalk nie elke dag so perfek kan mooimaak nie, maar ek het goeie grimeerwenke en oulike idees vir uitrustings gekry. Ek sal definitief probeer om meer gereeld moeite te doen.

Wat het die mooimaaksessie aan jou selfvertroue gedoen?

Dit het dit beslis ’n hupstoot gegee. Ek het ook geleer dat jou mooi van binne na buite straal as jy goed voel oor jouself en in jouself glo. Jy moet dit nie onderskat nie. FOTO: Veronique Mills FOTO: Veronique Mills

Wat sê die mooimaakspan?

Leverne Botha – grimeerkunstenaar Naomi het die mooiste blou oë wat ek beklemtoon het met ’n donker rokerige-oog-voorkoms (smokey eye). Ek het vir haar vals wimpers aangesit wat haar mooi oogvorm perfek afgerond het. Ek het haar veltoon ’n egalige voorkoms gegee met ’n onderlaag en haar natuurlike lipkleur beklemtoon met ’n perskekleurige lipstiffie. Naomi het beeldskoon gelyk!

Elaine, stilis

Waar om te begin met Naomi se mooimaak!? Sy het haar nuwe voorkoms met ’n breë glimlag gedra. Sy het asemrowend gelyk in die swart trui met silwer detail op die skouers. Dit het gesorg vir ’n dramaties en smeulende voorkoms. Die tiermotief-bloes het dadelik vir Naomi op haar gemak gemaak. Sy was mal daaroor! Naomi het elke uitrusting met selfvertoue gedra. Haar oë en persoonlikheid het met die kamera gepraat. Haar mooimaaksessie was regtig iets besonders.

Veronique Mills – fotograaf

Naomi het skaam voorgekom toe ek haar ontmoet het, maar sjoe, weet sy hoe om met die kamera te flankeer! Die grimering en klere het perfek by haar gepas! Sy was so gemaklik om voor die kamera te wees en ek was mal daaroor om haar in die ateljee te hê!

Wat hierdie mooimaaksessie spesiaal maak

Naomi se suster en vriendinne het haar verras met ’n moomaaksessie. Naomi is nie ’n girly girl nie. Sy is funky en fun. Wat vir ons uitgestaan het, is dat ons haar persoonlikheid so mooi vasgevang het. Die grimering was bietjie donkerder as ons ander mooimaaksessies en ons het ook donkerder klere gekies. Die agtergrond waarteen ons geskiet het, was ook donkerder as vir die meeste van ons ander mooimaaksessies.

FOTO: Veronique Mills FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills FOTO: Veronique Mills

Klere van Slate, Willowbridge

BESPREEK VIR JOU ’N MOOIMAAKSESSIE

Om jou mooimaaksessie by Veronique en haar span te bespreek, besoek hul webtuiste by www.glamourmakeovers.co.za of kontak hulle direk by 079 737 7397 / info@glamourmakeovers.co.za

FOTO: Veronique Mills

PRETORIA!

Die span kom binnekort Pretoria toe om daar ook mooimaaksessies te doen. Bespreek jou plek nou by info@glamourmakeovers.co.za