Ronel Roux (38) van Kuilsrivier in die Wes-Kaap is ’n sielkundige. Sy het die afgelope paar jaar met haar gesondheid gesukkel en wou iets doen om haarself weer beter te laat voel en te fokus op die positiewe dinge in die lewe.

Ronel se voor- en ná-foto

mooimaak ronel

Wat sê Ronel?

Waarom het jy besluit op ’n makeover?

As ma van twee kry ek maar min tyd vir myself. Ek wou myself ook ’n bietjie bederf.

Hoe het jy verwag gaan jy lyk?

Ek het gehoop dat ek so mooi sal lyk soos die ander mense wat mooimaaksessies gehad het op SARIE.com. Maar ek was baie ongemaklik voor die kamera en het daarom nie gedink dit sal mooi uitkom nie. Maar dít was toe die mooiste deel van die mooimaaksessie!

Wat was jou man se reaksie?

Wow, wow, wow! Hy dink ek kan ’n model wees!

FOTO: Veronique Mills FOTO: Veronique Mills

Wat sê die mooimaakspan?

Leverne Botha – grimeerkunstenaar

Ronel het die mooiste blou oë! Ek het haar natuurlike skoonheid beklemtoon met ’n lip en blos in appelkoos kleure.

Elaine, stilis

Die somerrok met goue detail het baie goed by Ronel se gelaat gepas. Sy het gestraal en vrolik gelyk. Die wit broek met bypassende goue bloes het gesorg vir ’n jong en moderne voorkoms. Ronel het soos ’n droom gelyk in die noupassende wit rokkie. Dit het haar liggaamsvorm goed gekomplementeer.

Veronique Mills – fotograaf

Ronel was maar skrikkerig vir die kamera, maar sy het vinnig op haar gemak gevoel en met haar petite lyf en die klere wat die stilis gekies het, het ons ’n ongelooflike lekker sessie gehad.

FOTO: Veronique Mills FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills FOTO: Veronique Mills

Klere van Slate, Willowbridge

BESPREEK VIR JOU ’N MOOIMAAKSESSIE

Om jou mooimaaksessie by Veronique en haar span te bespreek, besoek haar webtuiste by www.veronique-photography.com of kontak haar direk by 079 737 7397 / info@veronique-photography.com

mooimaak ronel

 PRETORIA!

Die span is binnekort in Pretoria om daar ook mooimaaksessies te doen. Bespreek jou plek nou by info@glamourmakeovers.co.za