Goud is op die oomblik een van die grootste grimeer-trends op die rooi tapyt. En geen wonder nie: dis ’n skakering wat almal kan dra en omtower jou voorkoms. Dis tyd om te skitter met goud op jou oë!

Goue ooggrimering helder jou oë op en weerkaats lig op só ’n manier dat dit jou onmiddellik stralend, glansryk en selfs jonger laat lyk. Speel met verskillende variasies van die kleur, soos brons, koper of roosgoud. Kombineer jou goue oë met ’n stralende gelaat en ’n sagte nude of pienk lipglans vir ’n ster-voorkoms.

Dié bekendes se vergulde oë inspireer ons:

Emma Roberts

Wend ’n subtiele lyntjie goud ook onder jou oë aan sodat dit dadelik die aandag trek.

FOTO Getty Images / Gallo Images

Ashley Graham

Die model het vir die MET-gala ’n uitgewaste goue skakering op haar oë gedra. Die goud in die binnehoeke het haar oë dadelik groter laat lyk.

Margot Robbie

’n Fyn goue lyntjie teenaan jou boonste wimperlyn is subtiel en sexy. Jy kan selfs ’n klein bietjie goue oogskadu oor jou wenkbroue vee vir ekstra glans.

FOTO Getty Images / Gallo Images

Jennifer Lopez

Skep ’n smeulende rokerige voorkoms vir jou oë deur ’n donkerder goue skakering oor jou hele oog te gebruik.

Dakota Johnson

Roosgoue skakerings met ’n pienk of rooi ondertoon lyk veral mooi by blou oë.

Gigi Hadid

Probeer dié produkte:

1. Bourjois Little Round Pot Intense Eyeshadow in 01 (R126)

By Clicks

2. Estée Lauder Pure Color Envy Defining Eye Shadow in Brash Bronze (R420)

3. Maybelline Diamond Glow Eye Studio in Coffee Drama (R150)

4. Urban Decay 24/7 Glide-On Eye Pencil in Goldmine (R230)

By Urban Decay in Sandton City, Johannesburg

5. Bobbi Brown Long-wear Cream Shadow Stick in Golden Pink (R490)

Bronne: www.refinery29.com