Die groep avontuurlustiges, oftewel "LifeRiders" – werknemers van Kiehl’s, Harley Davidson, Edcon en verskeie bekendes en mediavennote – pak Maandagoggend eers kospakkies vir minderbevoorregte gemeenskappe in die Kaapstad-omgewing voordat hulle deur Franschhoek na Barrydale ry. Dinsdag, wat ook Wêreld-Kiehl’s-dag is, keer die groep via Hermanus terug na Kaapstad .

Kiehl’s en Harley Davidson het ’n interessante storie

Die LifeRiders nooi jou om Dinsdag (12 November) om 16:00, wanneer hulle terug is in Kaapstad, saam met hulle nog kospakkies te pak oorkant Edgars in die Canal Walk-inkopiesentrum .

Elvis Blue en Kiehl’s help behoeftige kinders

Hierdie geleentheid is in samewerking met Stop Hunger Now Southern Africa (SHNSA),  ’n nie-regeringsorganisasie wat help om vir kinders in dagsorgsentrums in informele nedersettings reg oor Suid-Afrika kos te gee.

Volg die rit op Twitter by @kiehlsSA en #KiehlsLifeRide.