Clinique het verlede maand 'n tjek aan die Look Good...Feel Better Foundation oorhandig. Dié organisasie bied werksessies vir kankerpasiënte aan waar hulle 'n 12-stap-velsorg-en-grimeerroetine leer om hul gemoed te lig.

Die R108 000 wat oorhandig is, is ingesamel deur ’n paar maande se verkope van die Clinique Dramatically Different-vogroom.

Die kankerpasiënte lyk pragtig ná die oormaak-werksessie deur Look Good...Feel Better-vrywilligers. Hier is hulle saam met die Clinique-span en die mense van die Look Good...Feel Better Foundation.

Foto: Peter Morey

Hugh Bennett, adjunkpresident van Clinique vir Europa, Afrika en die Midde Ooste (links), en Loren Dreyer, die algehele bestuurder vir Clinique Suid-Afrika (regs) oorhandig 'n tjek aan Margaret Houston van die Look Good...Feel Better Foundation.

Hugh Bennett, adjunkpresident van Clinique vir Europa, Afrika en die Midde-Ooste (links), en Loren Dreyer, die algehele bestuurder vir Clinique Suid-Afrika (regs) oorhandig 'n tjek aan Margaret Houston van die Look Good...Feel Better Foundation

Foto: Peter Morey