'n Verbronser is die antwoord, glo Dior se grimeerkunstenaars, want dit beklemtoon die natuurlike kontoere van jou gesig – veral jou wangbene. 'n Verbronser word ook nie net meer in die somer gebruik nie – dis ideaal om jou gesig warmte te gee tydens die koeler herfsmaande én dit skep 'n eweredige gelaat. Dior se Bronze Sun Couture Clutch (R1 050) is een van die luuksste verbronsers waarop jy hierdie seisoen jou hande kan lê. Hierdie sjiek klein Dior-sakkie bevat 'n bronspoeier, 'n lipglans en 'n aksentkleur (highlighter) saam met twee aanwendingsborseltjies vir jou gesig en lippe. Dior se Bronze Sun Couture Clutch is beskikbaar vanaf Mei 2009. Wag daarvoor!