Melk is 'n hidroksiesuur wat soos 'n natuurlike lyfskrop werk en die "gom" wat dooie velletjies aan mekaar vashou, oplos. Hoe sensueel klink die naam nie - Chanel No. 5 Velvet Bath Milk (R675). Hierdie badmelk bevogtig jou vel, laat dit streelsag voel met die geur van Chanel No. 5. Maar jy sal vinnig moet spring - dis 'n versamelstuk wat net vir 'n beperkte tyd beskikbaar is.