Sy is bekend vir haar rolle in Iron Man, Talladega Nights en The Skulls. Leslie bemark op die oomblik Almay se nuwe Pure Blends-grimeerreeks waarvan 95% (of meer) natuurlike bestanddele is. Hierdie groenreeks bestaan uit verskeie skakerings onderlae, poeiers, blossers, oogskadu’s en lipglanse. Dis ook nie net Leslie se keuse in grimering wat groen is nie - sy ry 'n hibriede motor, herwin waar sy kan, ondersteun plaaslike boerderye én sorg dat al haar kos organies is! ¦ Lees meer oor Almay se Pure Blends-reeks óf gesels self met Leslie op haar blog.