Kenzo Flower in the Air (R915 vir 50 ml EDP)

Dié ligte blomgeur, die nuwe weergawe van Flower by Kenzo, bevat note soos framboos, pienk peper, roos, magnolia, katjiepiering en wit muskus. In die advertensie speel vrolike musiek terwyl pragtige rooi blomme soos ballonne opstyg. Dié geur is vanaf Maandag in winkels beskikbaar!

Dior Addict eau Délice (R840 vir 50 ml EDT)

Suur bosbessie, jasmyn, ilang-ilang en wit muskus is die vars blomgeure wat dié soet parfuum besonders maak. Die spelerige advertensie is op die eiland St. Tropez geskiet.

SeeByChloé (R845 vir 50 ml EDP)

Dié geur is soet met blom- en vrugtenote soos bergamot, appelbloeisels, jasmyn en ilang-ilang, afgerond met vanielje en sandelhout in die onderste note. In ons gunsteling-advertensie vir dié parfuum daag ’n groep vriendinne mekaar uit om avontuurlustig te wees ...

Revlon Pink Happiness Playful Wishes (R250 vir 50 ml EDT)

Dié reukwater is propvol Oosterse en vrugtenote – peer, appelbloeisels, wit perske, frangipani, pinksterroos, waterlelie, sandelhout, vanielje en muskus. Ons is mal oor die somergevoel van die ballonne en kleur in die advertensie. Wees van September af op die uitkyk vir Revlon Pink Happiness Playful Wishes.

One Direction Our Moment (nie in SA beskikbaar)

Die wêreld se gunsteling-boyband se eerste geur is onlangs oorsee bekendgestel. Our Moment by One Direction kombineer vrugtenote soos pienk pomelo en rooibessie met blomnote en houtnote. Harry Styles, Liam Payne, Louis Tomlinson, Zayn Malik en Niall Horan laat ons lekker lag! Ons hoop om hul parfuum in die toekoms ook in SA te sien.

Wat is jóú gunsteling-parfuumadvertensie?