’n Romantiese haarstyl is nog altyd ’n gunsteling, en ons is mal oor hierdie vars, trendy weergawe van ’n sagte opstyl.

Die Glee-aktrise Dianna Agro het onlangs met dié haarstyl op die rooi tapyt verskyn.

Die truuk is om ’n paar los vlegsels te maak en dit dan willekeurig vas te steek. Onthou dat hare met golwe die beste vir dié styl sal werk.