Volgens Debi Byrnes (stigter van die nie-winsgewende organisasie www.clearupskincare.org) speel 'n veluitslag 'n groot rol in tiener-depressie. Boonop word 80% van UV-verwante skade voor jou 18de verjaardag aangerig. Jane Wurwand, stigter van Dermalogica, vertel dat tieners vandag ook aansienlik meer sosiaal is, daarom is goeie velsorg 'n prioriteit. Dermalogica het pas hul eerste reeks spesiaal vir tieners bekend gestel, genaamd Clean Start. Hierdie reeks bestaan uit 8 produkte wat maklik is om te gebruik en elke tiener se gejaagde roetine sal pas. Die reeks is vanaf September 2009 in SA beskikbaar, maar gaan kyk solank na hul webtuiste as jy meer wil uitvind.