SARIE was onlangs in Parys, Frankryk, vir die bekendstelling van Kérastase se nuwe luukse stileerprodukte, Kérastase Couture Styling. Dit is dié salon-haarreeks se eerste stileerprodukte en dis nou ook in Suid-Afrika te kry. Internasionale haarstileerder Luigi Murenu het die produkte gebruik om verskeie treffer-haarstyle te skep. Hier wys ons jou nog een van dié style, stap vir stap. Koop die September-uitgawe van SARIE om te sien hoe jy nóg twee haarstyle stap vir stap kan skep.

GEREED VIR DIE ROOI TAPYT

Hierdie styl werk goed vir alle haartipes, sê Carlos Hourrides, eienaar van Franco International-haarsalonne in SA, wat Kérastase se stileerprodukte in sy salonne gebruik. Dit is ’n klassieke haarstyl wat herinner aan die aktrises van Hollywood se Goue Era.

VOOR

'n Styl net vir jou: gereed vir die rooi tapytStap 1: Berei jou hare voor

Druk die ergste nattigheid uit jou hare met ’n handdoek. Druk ’n haselneutgroot hoeveelheid van die Forme Fatal in jou hand. Verdeel jou hare in breë stringe en wend die produk string vir string aan, vanaf die wortels tot by die punte, en vryf dit in. Kam jou hare in die rigting waarin jy die styl wil skep (kam dus jou hare na die linkerkant as jy wil hê dit moet oor jou linkerskouer val, met die paadjie aan die regterkant van jou kop, of andersom).

'n Styl net vir jou: gereed vir die rooi tapyt

Stap 2: Skep die styl

'n Styl net vir jou: gereed vir die rooi tapyt

Druk een spuit van die Lift Vertige uit en maak dit tussen jou hande warm. Wend dit aan die wortels terwyl jy jou hare lig in die rigting van die haarstyl.

Stap 3: Blaas droog

Blaas eers die agterste deel van jou hare droog. Beweeg dan na die voorste deel. Hou die haardroër sodat die lug die voorste deel van jou hare vanaf die wortels droogblaas terwyl jy dit met jou vingers lig.

Stap 4: Beheer onbeheerste krullerigheid

Neem ’n druppel van die Touche Finale en maak dit tussen jou hande warm. Dit sal voorkom dat jou hare woes krullerig word. Wend dit van die middelste deel van jou hare af tot by jou punte aan en kam dit dan uit met ’n groterige kam.

'n Styl net vir jou: gereed vir die rooi tapyt

Stap 5: Gee jou haarstyl vorm

Verdeel jou hare in stringe wat tussen 2 tot 4 cm wyd is. Begin aan die agterkant en draai die stringe een vir een om ’n krultang, maar moenie jou haarpunte omdraai nie (begin sowat 5 tot 7 cm van die wortels af, nie teenaan nie).

'n Styl net vir jou: gereed vir die rooi tapytScreen Shot 2013-10-11 at 3.59.20 PMDraai die stringe stadig los. Wanneer jy al jou hare gekrul het, borsel dit sodat die styl sagter lyk.

Stap 6: Rond af

'n Styl net vir jou: gereed vir die rooi tapyt

Spuit Laque Couture aan jou hare (hou die bottel sowat 15 cm van jou kop af). Dit sal jou haarstyl in plek hou.

Kérastase-produkte wat vir dié voorkoms gebruik is

Kyk hier na 'n video waar Luigi 'n model se hare in dié glansryke voorkoms vir die rooi-tapyt omskep.