As jy dapper is en jou hare nie te dun nie, vra jou haarkapper om vir jou ’n kuif te sny. Dit laat jou hare voller lyk, sê hy.

Voor

KER0364

1. Berei jou hare voor

Druk die ergste nattigheid uit jou hare met ’n handdoek. Druk ’n haselneut-grootte hoeveelheid van die Forme Fatale in jou hand en wend dit aan jou hare vanaf die wortels tot by die punte. Dit gaan help om jou haarstyl netjies te hou en sal jou hare teen hitte beskerm. Vryf dit in jou hare in.

Blaas droog

Verdeel jou hare in stringe wat tussen 2 tot 4 cm wyd is en blaas dit string vir string met behulp van ’n groterige borsel droog.

Skep die styl

Spuit nou Gloss Appeal aan jou hare (hou die bottel sowat 20cm van jou kop af ). Dit gee glans en voorkom dat jou hare kroeserig raak. Stryk jou hare string vir string glad met ’n haaryster vir ’n spieëlgladde, blink voorkoms. Vryf enige hare wat uit plek is plat.

Rond af

KER0447

Spuit Laque Couture aan jou hare (hou die bottel sowat 15cm van jou kop af ). Dit sal statiese elektrisiteit voorkom.