Dit is ’n veelsydige haarstyl omdat dit gemaklik vir die dag is, maar saam met ’n mooi rok en hakskoene ook glansryk vir die aand is. Die styl werk die beste as jou hare langer is en nie te stomp gesny is nie. Só kry jy golwe:

Berei jou hare voor

Druk die ergste nattigheid uit jou hare met ’n handdoek. Spuit Mousse Bouffante in jou hand. Dit sal volume aan jou hare gee. Verdeel jou hare in breë stringe en wend die mousse aan string vir string, van die wortels tot by die punte. Vryf in. As jou hare baie lank of dik is, gebruik ekstra mousse.

Blaas droog

KER0147Skep tekstuur KER0149

KER0152

Spuit Spray à Porter aan jou klam hare om dit tekstuur te gee (hou die bottel 10 tot 15cm van jou kop af ). Druk jou hare opwaarts (scrunch) teen jou kopvel om die produk in jou hare in te werk.

Skep die styl

KER0153

Vir golwe met ’n natuurlike strandvoorkoms, draai hier en daar ’n string hare van 2 tot 4cm wyd om jou wysvinger. Blaas droog en laat die string afkoel voordat jy dit losdraai. Dit sal die golwe set.

Glansryke golwe

KER0181

As jy golwe met meer definisie wil hê, gebruik ’n krultang pleks van jou vingers om die golwe te skep. Verdeel weer jou hare hier en daar in stringe. Draai ’n string om die krultang (begin sowat 10 tot 12cm van die wortels af, nie teenaan nie). Moenie jou haarpunte omdraai nie. Draai die string stadig los. Doen dieselfde met die ander haarstringe.

Rond af

KER0188Spuit Gloss Appeal aan nadatjy jou hare gestileer het vir glans (hou die bottel sowat 20cm van jou kop af ). Maak jou golwe losser met jou vingers as jy wil hê dit moet ’n bietjie meer deurmekaar lyk.