Met vandag se besige leefstyl is dit moeilik om ’n tydjie af te knip om jou hare ’n salon-styl droogblaas te gee. Die Kanadese haarkapper Marc Anthony deel sy wenke om jou hare vinniger fantasties te laat lyk:

¦ Draai ’n handdoek om jou hare sodra jy uit die stort klim om oortollige water te absorbeer.

¦ Gooi jou kop onderstebo en blaas eers jou hare van onder af droog. Só raak jy van die meeste water ontslae voor jy jou hare stileer.

¦ As jy ’n gladde voorkoms vir jou hare wil hê, maar jy het nie tyd om jou hare droog te blaas én straighten nie, help die droogblaas-proses aan met ’n produk soos Marc Anthony Style Straight Blow Straight Potion of Schwarzkopf Bonacure Hairtherapy Smooth Shine Shampoo.

¦ Maak seker dat jy ’n snit het wat reg is vir jou hare. Die regte snit is makliker om te stileer.

*Marc Anthony-haarprodukte is beskikbaar by Dis-Chem en uitsoektakke van Pick n Pay en Checkers.