Dis dié tendens van die jaar! Hier wys on jou stap vir stap om twee van die talle naelkuns-voorkomste te kry.

Chi Chi Xu, wat gereeld naelkuns vir Revlon skep, verduidelik hoe om dié pret-voorkoms te skep.

Wat jy nodig het

  • Wit of roomkleurige naellak
  • Twee helder naellakke (ons het rooi en ligblou gekies)
  • ’n Tandestokkie
  • Deursigtige naellak

Stap 1

Wend ’n laag deursigtige naellak aan, gevolg deur die wit of room skakering

Stap 2

Drup so twee druppels van die een helder kleur op jou nael sodra die wit naellak droog is.

Wenk

Moenie te veel naellak gebruik nie, anders word dit nie droog nie.

Stap 3

Herhaal stap 2 met die ander helder naellak.

Stap 4

Gebruik die tandestokkie en meng die twee kleure saam (swirl).

Stap 5

Wag tot jou naels heeltemal droog is en wend ’n deursigtige laag bo-oor alles.

Albaster5 Naelkuns

Ons beveel aan

*Die stap vir stap is in SARIE Februarie 2014 publiseer.