Korter en goed versorgde naels is ideaal vir winter. Of jy verkies om jou naels kort te dra en of dit van nature klein is, hier is ’n paar idees om kort naels dié seisoen steeds glansryk te laat lyk.

#1 As jou naels geneig is om kort en klein te wees, kies ligte of nude skakerings, want donker skakerings is geneig om jou naels nog kleiner te laat lyk. Gelukkig is pastel en neutrale skakerings soos grys, ligpienk, sagblou en oranje klassiek en altyd in die mode.

#2 Versier jou naels met vertikale strepe of kolle. Dit skep die illusie van lengte.

#3 Probeer ’n omgekeerde Franse manikuur deur ’n subtiele wit halfmaan aan die onderkant van jou naels te verf en die res van die nael deursigtig te hou.

#4 As jy van naelkuns hou, wend die ontwerp eerder aan die basis van jou naels aan. Dit trek die aandag weg van jou kort naelpunte. Wend ook eerder kleure wat helder of donkerder is aan die onderste helfte van jou naels en ligter kleure aan die punte.

#5 Laat een of twee naels uitstaan deur dit met ’n helder of metaalskakering te verf sodat die skakering eerder as die lengte van die nael die aandag trek.

#6 Metaalskakerings werk ook goed op kort naels omdat die glans lig weg van jou naels af weerkaats en dit só groter laat lyk. Boonop sal dit, as jou naels begin krakies kry, nie so sigbaar wees soos wanneer dit op langer naels is nie.

A post shared by OPI (@opi) on

Probeer dié naellakke:

1. Revlon Holochrome Nail Enamel in Gilded Goddess (R119)

2. Mavala Nail Colour Cream in Munich (R87)

By Dis-Chem

3. Morgan Taylor Professional Nail Lacquer Platinum in Disco Days (R150)

4. Catrice Iconails Gel Lacquer in 100% Cotton (R45)

By Dis-Chem

5. O.P.I Nail Lacquer in I Saw U Saw We Saw Warsaw (R120)