Maak seker jou hare is dié somer ’n natuurlike skakering. Selfs as jy die gewilde “ombré”-voorkoms soek - die onderste deel van jou hare is ligter as die boonste deel - moet dit natuurlik lyk. Jou haarkleur kan langer hou as jy ’n hoed dra wanneer jy in die son is en as jy die soutwater uit jou hare spoel nadat jy in die see geswem het.