Die Franse manikuur is terug! Dra die tradisionele Franse manikuur met die wit strepie dié seisoen weer op jou naels, soos Kate Middleton dit vroeër vanjaar gedoen het (bo). As jy nie mal is oor dié voorkoms is nie, kan jy eerder ’n sagte skakering van pienk of ’n neutrale kleur probeer. Kyk hoe doen die Oscar-bekroonde aktrise Jennifer Lawrence (links onder) en die plaaslike model Katryn Kruger (regs onder) dit.