“Grimering is nie soos ’n tatoeëermerk nie  – jy kan dit afwas!” Alicia Schutte, grimeerkunstenaar by Bobbi Brown. Daarom is die beste raad om jou helderkleurige lipstiffies, blossers en oogskadu uit te haal wanneer jy voor die spieël gaan sit. Eksperimenteer met die helder kleure en as jy nie daarvan hou nie, was jy dit bloot af.