1. Lentebloeisels

Kry jou naels lente-gereed met ’n ligte geel skakering op jou vingernaels en ’n helder pers skakering op jou toonnaels.

Probeer: Ice Box Nail Colors in Creme De La Creme (R110 vir 15 ml) en essie Nail Polish in The Lace Is On (R120)

2. Pasmaats

Kleurskakerings vanuit dieselfde kleur-familie pas altyd goed saam. Kies ’n ligter skakering vir jou vingernaels en ’n donkerder skakering vir jou toonnaels.

Probeer: Sally Hansen Complete Salon Manicure in Pink At Him (R90) en Rimmel 60 Seconds Rita Ora Nail Polish in Don’t Be Shy (R60)

3. Blok met kleure

Speel met helder kontrasterende kleure vir ’n moderne kleurblok-voorkoms, soos wit op jou vingernaels en blou op jou toonnaels.

Probeer: Michael Kors Nail Lacquer in Gossip (R235) en Revlon ColorStay Gel Envy in Soldier Blue (R110)

10 Stappe vir ’n manikuur by die huis

4. Sien-my-raak

Laat jou toonnaels uitstaan en die praatwerk doen met ’n ligte pastel skakering vir jou vingernaels en ’n helder sien-my-raak skakering op jou toonnaels.

Probeer: Bourjois So Laque Glossy in Peach and Love (R96) en Mavala Nail Colour Cream in Poetic Rose (R64)

5. Gewaagd

Ons is mal oor die kombinasie van pastelpers en turkoois skakerings op jou hande en voete – perfek vir ’n prettige gewaagde voorkoms.

Probeer: O.P.I Nail Lacquer in You’re Such A Budapest (R160) en Maybelline Colour Show Nail Colour in Urban Turqoise (R40)

6. Eenderse vere

As jy sukkel om twee skakerings te kry wat pas, mik altyd vir naellakskakerings met dieselfde deursigtigheid of ondertoon.

Probeer: Bobbi Brown Glitter Nail Polish in Ballet Pink (R165) en essence Colour & Go in Go Bold! (R24)

7. Glansryke vloot

Vloot-geïnspireerde naels is byna altyd in die mode. Voeg glans by dié voorkoms met ’n metaal-silwer skakering vir jou vingernaels.

Probeer: O.P.I Nail Lacquer in Push and Shove (R160) en Chanel Le Vernis Nail Colour in Blue Satin (R355)

Só kry jy helder naelkleur - lees meer!

8. Natuurlik versorg

Vir ’n natuurlike en versorgde voorkoms sal ’n nude of ligpienk skakering op jou naels goed werk, terwyl ’n helderder kleur op jou tone sal kontras skep.

Probeer: Clinique A Different Nail Enamel in Sweet Tooth (R185) en inTouch Nail Enamel in Heirs To The Throne (R35 vir 5 ml)

9. Feestelike somer

Voel feestelik in twee van vanjaar se gewildste skakerings – koraal en helder blou.

Probeer: Nails Inc Nail Polish in Kensington Palace Gardens (R110) en Gosh Oh My Gosh Nails in Turquoise Blue (R50)

9 Stappe vir ’n pedikuur by die huis

10. Vuur en Ys

As jy nie van jou rooi naellak op jou tone wil afskeid neem nie is dié kombinasie perfek en super-sjiek.

Probeer: Dior Vernis Gel Shine Long Wear Nail Lacquer in Pandore (R315) en Tip Top Candy Land Duo in Bubblegum Bliss (R80)

11. Wilde Orgidiee

Bring hulde aan vanjaar se kleur van die jaar met ’n dieppers skakering op jou toonnaels en ’n wit of beige skakering vir jou vingernaels.

Probeer: L’Oreal Colour Riche Nail Colour in Walk On The Beach (R55) en Estée Lauder Pure Color Nail Lacquer in Fallen Angel (R255)

Wat is jou gunsteling kombinasies? Los kommentaar onderaan dié artikel, of deel dit met ons op ons Facebook- of Twitter-blad!