1 Reinig Reg
’n Vaal vel met knoppies wat ’n uitslag kan vorm, is die meeste vroue se grootste velkommer, volgens Natalie do Pinheiro, opleidingsbestuurder by Dermalogica.
En dit kan so maklik met die regte reinigingsroetine uitgeskakel word.“ ’n Studie by die International Dermal Institute het gewys vroue bestee minder as 20 sekondes om hul gesig te was! Onthou, jou vel produseer olie, sweet en 1 miljoen selle elke 40 minute. En dan kom besoedeling en grimering ook nog by.”
Natalie beveel aan dat jy jou vel twee keer reinig: “Jy kan of dieselfde reiniger twee keer gebruik of eers ’n reiniger met ’n oliebasis (om van olie-oplosbare vuilheid ontslae te raak) en daarna ’n reiniger wat spesifiek vir jou velsoort geskik is.”
Leila Marx, nasionale opleidingsbestuurder by Estée Lauder, glo ook dis noodsaaklik om soggens én saans te reinig. “Dis veral ’n groot fout om met grimering te gaan slaap. Hou reinigingslappies byderhand vir as jy moeg is.”
Jou reinigingsroetine moet sag maar doeltreffend wees, sê Jody Hyam, opleidingsbestuurder by Clarins.“’n
Reinigingsmelk is ideaal in die winter wanneer jou vel vog verloor. En bly maar weg van seep, dit droog net jou vel uit.”

BEGIN MET

Estée Lauder Take It Away Towelettes
(R295)
The Body Shop Nutriganics Foaming
Facial Wash (R135)
Clarins Alpine Cleansing Milk (R230)

Dermalogica Special Cleansing Gel (R370
vir 250 ml)