Die hoof van grimering vir die fliek New Year’s Eve, Nicki Ledermann, vertel hoe sy dit reggekry het om die sterre van dié fliek op hul beste te laat lyk:

1. New Year’s Eve het ’n groot geselskap met ’n verskeidenheid akteurs van verskillende ouderdomme en style. Hoe besluit jy op ’n voorkoms vir elke karakter? 

Ek gesels altyd met die stiliste, haarkappers, regisseur en akteurs. Met dié fliek was dit lekker, want die regisseur het ons absolute vryheid gegee met die verskillende karakters se looks, solank almal gelukkig was daarmee.

2. Hoe behandel jy die akteurs se vel om hulle grimering die hele dag te laat hou? 

Ons moet verseker dat elke akteur voor én na die verfilming van die fliek mooi na hulle velle kyk. Velsorgprodukte is dus baie belangrik. Ek maak seker dat hulle facials kry, gee vir hulle goeie velsorg, en sorg dat hulle hul grimering aan die einde van die afhaal. 

3. Wat is, in jou opinie, die skoonheidsprodukte waarsonder geen vrou die huis behoort te verlaat nie? 

Lipsalf en maskara. 

4. Wat is jou gunsteling grimeervoorkoms vir oujaarsaand?

’n Skoon vel, sagte rokerige oë, en bevogde, soenbare lippe. 

* Kyk hier na die New Year's Eve lokprent: