Boonop sorg haar unieke klerestyl dat sy 'n gereelde gesig in die tydskrif Vogue is.

Haar suster Elizabeth Jagger is reeds die gesig van die skoonheidshuis Lancôme en haar halfsuster Jade Jagger maak al geruime tyd naam as modeontwerper. (Mick het 7 kinders by 4 verskillende vroue.)

Georgia deel haar raad:

Wat is jou gunsteling-skoonheidsproduk?

Ek is mal oor rooi lipstiffie! Ek hou ook van pienk vir my lippe en ek rond dit af met 'n vloeibare oogomlyner of 'n oogpotlood wat ek smeer.

Waarsonder sal jy nie die huis verlaat nie?

My foon, sleutels en lipstiffie.

As jy net een produk in jou handsak kon sit op 'n aand uit, wat sal dit wees?

Rooi lipstiffie. Ek dink meisies lyk wonderlik as hulle geen grimering dra nie, en net hul lippe rooi maak.

Hoe sou jy jou grimeerstyl beskryf?

Nooit perfek nie en effens gesmeer. Ek bestee nie baie tyd aan grimering nie. Ek wens ek kon vals wimpers regkry, maar ek sukkel my dood. Ek het baie eerder 'n rustige bendadering tot grimering.

Wie is jou gunsteling-ontwerper?

Vivienne Westwood. Ek is veral gek na haar vintage klere – ek dra dit baie.

Wat is jou beste moderaad?

Al die items in jou uitrusting hoef nie bymekaar te pas nie (colour-coded), meng alles deurmekaar.