Ons is gewoond daaraan om bekendes met foutlose hare en grimering te sien. Maar die afgelope naweek het Drew Barrymore 'n #nomakeup-selfie van haar en haar beste vriendin, Cameron Diaz, gedeel.

Ons is gaande daaroor! 'n Selfie is reeds 'n intieme kykie in iemand se lewe, wat nog te sê een sonder 'n tikkie grimering. Maar die 43-jarige Drew en 45-jarige Cameron is nie bang om hul natuurlike skoonheid te vier nie.

Die foto is ná 'n oefensessie geneem, het Drew, wat graag skoonheidswenke op Instagram deel, verklap. Volgens haar het hulle absoluut geen grimering gedra nie en voel hulle goed oor hul natuurlike voorkoms.

#nomakeup #nofilter #oldschoolsisters #playdate #dayoff #friday #SUNSCREENALWAYS

A post shared by Drew Barrymore (@drewbarrymore) on

Ook plaaslike bekendes soos Angelique Gerber, Rolene Strauss en Leandie du Randt deel die laaste paar jaar al hoe meer foto's van hulself sonder grimering. Dis goed om te weet dat hulle nes ons soms net ontspan met ongekamde hare en 'n ongegrimeerde gesig.

Hier is van ons gunsteling-foto's van bekendes sonder grimering:

Van hulle moedig ook hul miljoene Instagram-volgelinge aan om dieselfde doen.

Demi Lovato

Freckles on point #nomakeup

A post shared by Demi Lovato (@ddlovato) on

Rolene Strauss

Gwyneth Paltrow

Sofía Vergara

Cameron Diaz

Leandie du Randt

Alicia Keys

Die sangeres het verlede jaar laat val sy wil nooit weer grimering dra nie. Lees hiér hoekom.

Hi paris...

A post shared by Alicia Keys (@aliciakeys) on