'n Sy-serp wat in 1966 spesiaal vir Prinses Grace van Monaco ontwerp is was die inspirasie vir die bottel-ontwerp met swart-en-wit blompatrone. Dis die eerste keer dat 'n Gucci-drukmotief 'n parfuum inspireer.
Die geurnote is sensueel, vroulik en anders: Roos en osmanthus, 'n delikate en skaars blom van China, bekoor terwyl jy vars sitrus en pioenroos eerste ruik.
Beskikbaar by Edgars, Truworths, Foschini, Woolworths, Stuttafords en Dis-Chem teen R675 vir 30ml EDT. Gaan loer na dié parfuum se unieke advertensie.