Die skoonheidshuis Dove was nog altyd voorstaanders van natuurlike skoonheid en die oortuiging dat ’n vrou gemaklik met haarself en haar voorkoms moet wees. Hulle organiseer gereeld veldtogte om vroue te motiveer om selfvertroue te hê, en die nuutste een is geen uitsondering nie!

screengrab2

Die Dove Patches-veldtog is reeds ná een dag op YouTube meer as 1 miljoen keer gekyk. In dié video het Dove tien vroue genader om ’n skoonheidskol wat jy op jou arm plak, RB-X, te beproef. Dié kol is veronderstel om vroue se persepsie van hulself te verbeter.

screengrab3

Ná twee weke het al die vroue vertel hoeveel beter hulle voel en hoe gemaklik hulle met hulself en hul voorkoms is. Daar is toe aan elkeen onthul dat dié kol geen bestanddele bevat nie en slegs ’n plasebo is. Só het Dove gewys dat hoe jy oor jouself en jou voorkoms voel en dink ’n gemoedstoestand is!

screengrab4

* Kyk hier na die video:

Die sielkundige in dié veldtog, Dr Ann Kearney-Cooke, het per e-pos met SARIE gesels oor vroue en selfvertroue:

Hoekom is so baie vroue senuweeagtig oor hul lywe? Waar kom dié onsekerheid vandaan?

Vroue vergelyk hulself met onrealistiese ideale van skoonheid en voel op die ou end dat hulle nie goed genoeg is nie of onaantreklik is.

Is selfvertroue wat wat jy langs die pad verloor (bv. As jy kinders kry of ouer word) Of is ’n lae selfbeeld iets wat ontwikkel in jou grootword jare?

Ons ontwikkel goeie selfvertroue wanneer ons voel ander is lief vir ons vir wie ons is, gesonde verhoudings met ander het en oortuig is in ons vermoë om aan die vereistes van die lewete voldoen.

’n Persverklaring oor Dove Patches meen dié veldtog maak dit duidelik hoe ’n lae selfbeeld ’n vrou se lewe kan affekteer. Hoe affekteer dit vroue se lewens?

Gedurende die aanvanklike onderhoude met die vroue in die advertensie, het elkeen beskryf hoe hulle eie ontevredenheid oor hul lyk gelei het tot negatiewe gedagtes. Dié negatiewe gedagtes het die vroue senuweeagtig en depressief laat voel. Elkeen het verduidelik hoe hulle sekere dinge wat hul in die verlede gelukkig gemaak het (soos strand toe gaan of gaan dans saam met vriende) vermy oor hul voorkoms.

Het die vroue baie vrae gehad oor hoe die kolle werk?

Baie was skepties toe ek hulle vra om die kol te dra en dat dit hulle elke dag mooier sou laat voel.

Hoe diep is die konneksie tussen selfvertroue en hoe mooi jy voel?

Wanneer ’n vrou mooi voel, straal sy gelukkigheid en selfvertroue uit en dit verander hoe sy haarself aan die wêreld voorstel. Die regte gemoedstoestand kan ’n kragtige gevoel van skoonheid ontlok wat in elke vrou versteek is.

Die eksperiment in die veldtog werk op ’n sielkundige vlak. Hoe moeilik is dit om iemand se gemoedstoestand oor hul skoonheid te verander en hoe kan mens dit wel verander?

Dit is moeilik om jou gemoedstoestand te verander, maar nie onmoontlik nie. Die vroue wat deelgeneem het aan die eksperiment het voorgestel dat jy elke dag die volgende doen om ’n positiewe beeld van jou voorkoms te kry:

  • Maak elke dag die keuse om goed te voel oor jou lyf en jouself
  • Moenie jou skoonheid baseer op die nommer wat die skaal wys nie
  • Moenie jouself met ander vergelyk nie en waardeer jou eie skoonheid
  • Wees dankbaar vir wat jou lyf kan doen

Wat wil jy hê moet vroue leer uit Dove Patches?

Skoonheid is ’n gemoedstoestand. Kry selfvertroue en skoonheid deur na jouself te kyk en definieer skoonheid in jou eie terme. Maak die keuse om goed te voel oor jou lyf en jouself.

Nóg van Dove:

* Deel inspirerende boodskappe vir vroue op Facebook

* SA vroue deel van Dove-veldtog

* Jy is mooier as wat jy dink