Dié unieke skoonheid is bekend vir haar pienk-gekleurde hare en edgy voorkoms. Sy gesels oor mode, skoonheid en New York

Hoe sou jy jou modesmaak beskryf?

In een woord: eklekties. Ek kry inspirasie uit enigiets. Ek is mal oor ontwerpers wat buite die boks dink en nie trends volg nie. 

Wat gee jou selfvertroue?

Wanneer iemand vir my sê dat ek hul geïnspireer het om iets te doen wat hulle andersins nie sou doen nie. Dit laat my bemagtig voel. 

Wat maak ’n vrou mooi?

Innerlike skoonheid skyn altyd deur wanneer ek na iemand kyk. Ek is altyd verstom as ek ’n vrou ontmoet wat só seker van haarself is dat dit amper uit haar vel straal. As jy in jou eie skoonheid glo, sal almal so dink. 

Wat beteken New York vir jou?

Dis vir my soos ’n ander planeet! 

Wat is die eerste Maybelline-produk wat jy ooit gebruik het?

Dit Great Lash maskara toe ek ses jaar oud was. Ek was net toegelaat om dit met Halloween te dra, maar ek was mal oor hoe my wimpers gelyk het. Ek wou dit heeltyd dra! 

Wat is jou gunsteling Maybelline-produk?

Beslis die maskara! Ek gebruik ’n ander maskara vir elke voorkoms.