Die Franse model Constance Jablonski en die Chinese model Liu Wen, tans twee van die modewêreld se grootste sterre. Hulle sluit aan by die mooi geselskap van Estée Lauder se bestaande gesigte: Hilary Rhoda, Carolyn Murphy, Elizabeth Hurley en Gwyneth Paltrow. Interessant is dit is die eerste keer dat Estée Lauder modelle van Frankryk en China vir hul veldtogte kies. Karen Graham, Willow Bay, Carolyn Murphy, Gwyneth Paltrow en Hilary Rhoda is almal van Amerika; Elizabeth Hurley van Brittanje; Paulina Porizkova van die Tsjeggiese Republiek; Anja Rubik van Pole en Liya Kebede van Ethiopië. In reaksie hierop het Aerin Lauder, senior vise-president en kreatiewe direkteur van Estée Lauder, gesê: "Estée Lauder het nog altyd gesoek na skoonhede wat ‘n generasie definieer."
¦ Wees op die uitkyk vir hulle in advertensie-veldtogte vanaf Junie 2010.