Dis nou baie gewild om jou hare grys te kleur, selfs al is jy in jou 20's ...

Kelly Osbourne (heel links op die foto) het onlangs met dié trend geëksperimenteer, en dit sommer 'n pers ondertoon ook gegee. 

Die sangeres Ellie Goulding (25) het liggrys strepies in haar blonde lokke laat sit en haar vriendin-sangeres Marina Lambrini Diamandis dra nou 'n styl wat herinner aan 'n Marie Antoinette-pruik ... (Klik vir 'n foto.)

Maar ook aktrises soos Helen Mirren en Jamie Lee Curtis dra hul grys hare goed vir hul jare. Dit lyk pragtig! So ook die paar grys hare in Nicole Kidman (45) se kroon.

Hoe dra ek hierdie styl?

Om jou natuurlike grys hare te laat uitgroei en dit met grasie te dra is 'n perfekte oplossing as jy nie baie tyd en geld by die haarkapper wil bestee nie. Grys hare het geen pigment nie, so om die proses te bespoedig, kies die ligste blonde highlight wat by jou gelaat gaan pas sodat dit so natuurlik moontlik uitgroei.

Maak seker die haarstyl wat jy kies, pas jou gesig. Kort, moderne kapsels met sagte krulle en kuiwe is die perfekte styl as jy jou hare grys wil dra.

Jou grimering
Kies helder kleure om jou nuwe styl 'n bietjie kleur te gee. Pienk of koraalkleurige lippe is ideaal en diep-pers oogskadu sal die blou skynsel in jou hare verskerp.