Hoewel min mense daarvan bewus is, het M.A.C ook velsorgprodukte. Die nuwe winkel wy ’n hele toonbank aan dié produkte.

img_2477_630wDaar is boonop ’n toonbank met nét vals wimpers. Hier kry jy spesiale stokkies met die verskillende soorte wimpers opgeplak.

img_2464_400w

Sodra jy dit voor jou oog hou, sien jy hoe jy met die vals wimpers sal lyk!

Die nuwe winkel is groot, ruim en die bestuur is vol planne om in die toekoms werksessies vir kliënte aan te bied.

img_2470_630w

Al M.A.C se sterprodukte is hier beskikbaar – van jou gunsteling-skakering lipstiffie tot rakke vol blossers, maskara, oogskadu, verbronser en onderlaag! Om nie eers van die verskeidenheid grimeerborsels te praat nie...

Gaste by die winkel-opening het die kans gekry om spesiale boodskappe met glimpenne op die plakkate in die vensters te skryf.

SARIE het ook ons merk gelos!

img_2474_630w