Die grimeerkunstenaar Bobbi Brown het onlangs haar nuutste produk vir die liefdadigheidsveldtog Pretty Powerful bekend gestel.

Bobbi kies elke jaar ’n produk om as deel van die Pretty Powerful-veldtog te verkoop. Verlede jaar was dit die Pretty Powerful Pot Rouge (wat nie meer te koop is nie), ’n blosser en lipstiffie ineen. Vanjaar is dié produk die Pretty Powerful Mascara R310.

Die veldtog word in Amerika, Brittanje, Korea en Suid-Afrika gehou. In elke land is daar ander organisasies wat bevoordeel word deur die geld wat só ingesamel word.

Pretty Powerful Pot Rouge - dié produk is verlede jaar ten bate van liefdadigheid verkoop FOTO: verskaf Pretty Powerful Pot Rouge - dié produk is verlede jaar ten bate van liefdadigheid verkoop
FOTO: verskaf

Bobbi Brown en Katie Holmes span kragte saam

Bobbi glo grimering alleen kan nie die leefwêreld van vroue oraloor gelykmaak nie, maar diegene wat grimering skep, aanwend, verkoop en dra kan sáám wel daartoe bydra.

Die doel van die Pretty Powerful-veldtog is dus nie net om jou eie innerlike skoonheid te realiseer nie, maar ook om ander vroue en meisies die kans te gee om mooi te voel. Die veldtog maak seker alle vroue en meisies kry die lewens- en werksvaardighede en onderrig wat hulle nodig het om as mense, studente, werkers, vennote en ouers te leef.

Bobbi Brown Pretty Powerful maskara (R310)  FOTO: verskaf Bobbi Brown Pretty Powerful-maskara (R310)
FOTO: verskaf

Bobbi Brown blog oor SA

In Suid-Afrika is die veldtog ten bate van die liefdadigheidsorganisasie Heartbeat. Dié stigting sien om na die emosionele welstand van weeskinders en weerlose jong vroue en meisies wat onder die impak van MIV ly.

Help Bobbi Brown om dié Suid-Afrikaanse vroue te help deur die Pretty Powerful-maskara te koop, of maak ’n donasie op haar webblad.

Bobbi se grimeer-moets

*Beskikbaar by Bobbi Brown-toonbanke in Edgars en Red Square of by die Suid-Afrika se eerste losstaande Bobbi Brown-winkel in Brooklyn Mall, Pretoria