Die Britse modehuis Burberry gaan binnekort ’n nuwe parfuum bekend stel wat hulde bring aan hul kenmerkende soldatejas (trench coat).

Die geur van dié parfuum, My Burberry, herinner aan 'n Londense tuin met note soos pronkertjie, bergamot-olie en patsjoelie. Die parfuumbottel gaan selfs met 'n strikkie versier word van dieselfde materiaal as die bekende Burberry-jas.

Burberry se nuutste advertensieveldtog-paartjie

Supermodelle Kate Moss en Cara Delevingne is gekies as die gesigte van dié parfuum se advertensieveldtog, wat later vanjaar bekend gestel gaan word. Boonop is 'n foto van dié twee modelle, geklee in Burberry-jasse, deur die modehuis op Instagram gedeel.

Kate Moss is al 40!

Ons hoop ons kry My Burberry binnekort ook in Suid-Afrika!

Hier is solank 3 Burberry-parfuums wat wel in Suid-Afrika beskikbaar is

Burberry Body Intense (R1 185 vir 60 ml EDT)

Burberry Body Tender (R1 065 vir 85 ml EDT)

Burberry Brit Rhythm for Women (R880 vir 50 ml EDT)