’n Nuwe weergawe van die klassieke bolla het vanjaar sy verskyning by die Paryse-modeweek gemaak – die knoop-bolla (top knot). Sterre soos Kate Hudson, January Jones en Nina Dobrev het almal met ’n knoop-bolla gespog in die Franse hoofstad.

Die bolla word hoog op jou kop vasgemaak en kan los en deurmekaar of netjies gedra word vir ’n sjiek voorkoms.

Ons wys jou ook hoe om die perfekte klassieke bolla te kry!

Maak só jou eie knoop-bolla:

Stap 1: Maak jou hare by jou haarkroontjie in ’n hoë poniestert vas.

Stap 2: Deel jou poniestert in twee gelyke stringe en draai die dele om jou vingers. Gebruik al twee jou hande om dit in dieselfde rigting te draai.

Stap 3: Draai dan die twee gedraaide haarseksies om jou haarrekkie in teenoorgestelde rigtings van mekaar om ’n bolla te vorm.

Stap 4: Maak seker elke gedraaide haarseksie is eweredig om jou haarrekkie gedraai en steek jou bolla vas met haarknippies.

Bron: www.totalbeauty.com

Kry só Melinda Bam se bolla